Hallo, ek is
Juffrou Monique.
Onderwyser, studiegidsontwikkelaar en die hart agter Slim Studiegidse.
Onderwyser, studiegidsontwikkelaar en die hart agter Slim Studiegidse.
Slim het begin waar meeste ouers vandag nog is, onseker, oorweldig en moeg vir raaiwerk.
Na jare in die onderwys het ek elke kwartaal dieselfde spanning by ouers en kinders gesien. Kinders wat hard werk, maar nog steeds nie weet watter inhoud belangrik is nie. Huiswerk wat emosioneel raak. Ouers wat wil help, maar nie weet hóé nie. Ek het gesien hoe selfvertroue daal wanneer punte nie weerspieël waarvoor studeer is nie.
Dit was duidelik – kinders het nie net meer studiemateriaal nodig nie. Hulle het duidelikheid, struktuur en begrip nodig.
Slim Studiegidse is ’n stelsel – nie net notas nie.
Ek het die eerste studiegids vir my eie leerders ontwikkel – volledig CAPS-belyn , volgens die Departement van Onderwys se JOP’s, gebaseer op die Platinum-handboek, doelgerig gestruktureer en maklik om te volg. Dit was korter, duideliker en meer gefokus. Binne ’n paar weke het ouers teruggekom en gesê:
Die vraag het gegroei – eers vir ons studiegroep, toe die dorp, toe regoor Suid-Afrika.
Nie net leer nie – werklik verstaan.
Slim help jou kind om nie net te studeer nie – maar om te leer met doel, begrip en selfvertroue.
Gemaak vir ouers wat meer as net wil “deurkom“.
Slim Studiegidse is ideaal vir:
Nie bedoel as:
’n Volledige tuisskoolleerplan – dit is aanvullend tot skoolonderrig en toetsvoorbereiding.
Wat kom volgende vir Slim Studiegidse?
Ons bou voort, want ouers wil gereed wees – nie paniekerig nie.
Jou kind groei, en Slim groei saam.